NEXT!!! Auditions are not for the faint of heart

Meertalig
60 Minute

7 Oktober

20:00

9 Oktober

15:00
R190 | R220 by die deur

Relebogilethata, ’n jong meisie van Mount Frere, droom daarvan om ’n ster te word. Sy werk as kelnerin en doen alles om haar droom te verwensenlik. Sy wil dit so graag hê, maar is hierdie die regte liedjie om ’n goeie indruk te maak? In die wipwarit van hartseer en hoop bons Relebogilethata van een oudisie na ’n ander terwyl sy liedjies sing wat wissel van bekende Broadway-stukke tot die kragtigste Xhosa-liedjies van Miriam Makeba. Sy sal énigiets doen om die gevreesde “Next!!!” te vermy.

Met: Dikelo Mamiala (akteur, sang), Jacques du Plessis (klavier)

Regisseur, skrywer, stelontwerp en verhoogbestuur Amanda Bothma

Vervaardiger Wela Kapela-produksies

Kostuums Judy Raffan