Niël Rademan: (Ge)stroop

Toyota Musiekfees
Afrikaans
60 Minute

6 Oktober

14:00
R210-R240 | R240-R270 by die deur

Niël Rademan het 20 jaar gelede gedebu­teer met herinterpretasies van liedjies soos “Sawends” deur Jan Pohl en Danie Bosman se immergroen “Boereseun”. Vanjaar keer hy terug na sy wortels met ’n versameling nuwe liedere, vertalings en musiek uit sy eie pen wat jou wegvoer op die maat van swing, tango, samba en selfs ’n setees.  (Ge)stroop is vars, opwindend en word in ‘n kleinkunsstyl aangebied. Hy sing, vertel stories van sy pad tot hier en begelei homself op klavier en trekklavier – net soos jare gelede.

Met Niël Rademan (klavier en trekklavier), Lucas Heinen (klavier en trekklavier)

Musiekregisseur Niël Rademan