Meertalig
60 Minute

14 Oktober

14:30
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Nuevo, wat “nuut” beteken, verwys na die Juliet-strykkwartet se jongste album, Maike. Dit is die eerste verhooguitvoering van die werke op die album en almal deur plaaslike komponiste. Dit word voorafgegaan deur Dvořák se Amerikaanse kwartet, wat ooreenkomste toon met sy Nuwe Wêreld-simfonie – wat tydperk én styl betref. Die kwartet bestaan uit US-alumni.

Met: Die Juliet-strykkwartet Annien Shaw (viool), Matthew Stead (viool), Petrus Coetzee (altviool), Babette Roosenschoon (tjello)