Wat beteken dit om te glo in ’n tyd soos hierdie? Hoe hou ’n mens vas aan God as jou eie ervarings nie hoop weerspieël nie? Dr. Beryl Botman gesels met drie besonderse gelowiges oor hulle eie stories en hulle benadering tot geloof in vandag se dae. Farren Cloete is ’n dominee en TikTok-ster, Johnny Davids het bekend geraak as sanger, en Ivor Swartz se storie van gevangene tot jeugpastoor het duisende mense aangegryp. ’n Boekbespreking wat hoop en inspirasie beloof.