Die tuinredakteur van die tydskrifte Tuis en Home wys hoe ’n dors grasperk in die droogte van 2017 verander is in ’n voortuin waar pronkertjies, papawers, jakobregops, sonneblomme, vergeet-my-nietjies en dahlias in die lente en somer blom en ’n lieflike habitat vorm vir verkleurmannetjies, skoenlappers, bye en ’n verskeidenheid voëls. Kom leer hoe jy ook jou grasperk of ’n gedeelte daarvan in ’n blomtuin kan omskep.