Twee gedugte klassieke sangers pak meesleurende treffers by die horings en voer jou mee op ’n kwesbare pad van lank terug tot nou. Liedjies wat eens verbied was – deur kunstenaars soos Johannes Kerkorrel, Miriam Makeba, Hugh Masekela, David Kramer en Brenda Fassie – word oor genre-grense heen versigtig en eerlik “ontban”.