Landbougesprekke: Oor Berge en dale

Afrikaans, Engels
60 Minute

10 Oktober

09:30
Gratis

Europa en Brittanje is lank beskou as die voorkeurbestemming vir Suid-Afrikaanse produsente wat vars produkte en wyn uitvoer. Groot welslae is daar behaal, maar daar is ook ongelooflike geleenthede om na ons buurlande, die res van Afrika en die Midde-Ooste uit te voer. Marktoegang en logistieke uitdagings is egter van die strui- kelblokke wat uitvoerders te bowe moet kom. Suid-Afrika moet ook sy lidmaatskap van die Brics-groepering beter benut om groter toegang tot Indië en China te kry.

Aanbieder: Prof André Jooste