In hierdie pragtige boek deur dr. Wayne Muller word die ontwikkeling van ’n eietydse Suid-Afrikaanse opera-estetika uit ’n unieke invalshoek gekarteer: deur die diskoers oor opera soos dit in koerantresensies voorkom, te ontleed. Dit open die gesprek rakende ’n kenmerkend Suid-Afrikaanse uitdrukking en estetika in 21ste eeuse opera, en kyk ook na die transformerende krag van opera in ’n land wat die letsels van ’n koloniale geskiedenis dra, maar ’n reënboognasie op die verhoog wil uitbeeld. Naudé van der Merwe tree met Wayne in gesprek.