In hierdie internasionaal bekroonde eg Suid-Afrikaanse produksie van Shakespeare se Othello, wat in Engels, Xhosa en Afrikaans opgevoer word, fokus die verwerker en regisseur Lara Foot op Othello se innerlike lewe. Sy verplaas die gedekoloniseerde interpretasie na die tyd van Duitse kolonialisme, die Herero-opstand in die destydse Duits-Suidwes-Afrika en die hedendaagse Namibië. Dit beklemtoon die rol van teater as ’n politieke instrument om koloniale geweld uit te daag én as ’n moontlike ruimte waar dekoloniale liefde kan opvlam.