Ouma is op pad

Toneel
Afrikaans
Geen o.13 (T)
75 Minute

4 Oktober

16:00
R180-R260 | R210-R290 by die deur

Dowwe Dolla se formidable ouma van Garies het eintlik einde 2021 saam met Dolla afgetree, maar nou wil almal weet wie daai tannie was wat so kon aanstoot gee. Nou het Ouma besluit sy het nog ’n paar dinge op die hart… Ouma het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingeslui­mer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk en sy af en toe moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie – en “takt” is een van hulle!

Met Margit Meyer-Rödenbeck, Coenraad Rall (klavier)



Vervaardiger Arena-produksiehuis

Regisseur en skrywer Jurgen Human 

Musiek Coenraad Rall