OZBLU®-BLOUBESSIES: KOM PROE DIE VERSKIL

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

14 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

Kom proe OZblu-bloubessies en leer meer oor die groeiende Suid-Afrikaanse bloubessiebedryf. Nie alle bloubessies is dieselfde in terme van genetika of hoe dit geproduseer word nie. OZblu-bloubessies is smaaklik, sappig én krakerig, met ’n langer rakleeftyd, en word eties, tegnies en volhoubaar verbou. Verskillende klimaatstreke en reënvalseisoene reg oor die wêreld verseker dat topgehalte-bloubessies regdeur die jaar beskikbaar is.