Portchie vertel al jare lank stories in sy vrolike, kleurryke kunswerke, maar nou het hy sy eie storie op skrif gestel. In Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square kan lesers die man agter die kwas vol helder kleure leer ken en ook uitvind hoe hy aan sy kunstenaarsnaam gekom het. Portchie ontvang gaste in sy huis, waar Anzél Rabie met hom gesels oor sy memoires, die bron van sy mensekennis en die mooi dinge in die lewe wat in sy kuns vasgevang word.