Portretstudie in houtskool

Afrikaans, Engels
180 Minute

13 Oktober

09:30
R900

Die kunstenaar Marié Stander bied ’n portretwerksessie vir onervare kunstenaars aan in haar gunstelingmedium, houtskool. Alle materiale word verskaf. Studente word tot nege per klas beperk – bespreek dus vroegtydig. Die pendeldiens vertrek om 09:30 vanaf Kochstraat na haar ateljee.