Proe Tiaan se onthoukos

Afrikaans
120 Minute

11 Oktober

12:00
R600

Kom kuier saam met Tiaan Langenegger en Bertus Basson terwyl dié twee oud- Ouverture-kollegas saam kook uit Onthoukos, Tiaan se eerste kookboek. Tussendeur gesels hulle oor die hede en verlede van hulle wêrelde. Die intieme kleinbordjie-ete wat oor en weer gedeel kan word, sal iets verklap van die aanslag van die boek – terug na die basiese dinge – én van sy huisgeure en teksture. Dink melkkos met kaneel, tamatiebredie, Ma se frikkadelle, pampoenkoekies… Kom lig ’n glas op vriende en familie. 

Aangebied deur LAPA