In dié visueel én musikaal aangrypende produksie word die hartstog, vuur en intensiteit van outentieke kontemporêre flamencodans verweef met die ryk, komplekse en sensuele klanke van die klassieke kitaar. Werke van Isaak Albéniz, Luigi Boccherini, Leo Brouwer, Manuel de Falla, Roland Dyens en Enrique Granados word uitgevoer.