Fiksie
Aangebied deur Kwela
Alistair Mackay skryf in The Child oor ’n gay paartjie wat ’n gesin wil begin deur ’n kind aan te neem. Die proses gaan egter gepaard met die ontrafeling van die hoofkarakter se lewe, huwelik en identiteit. In The Queer Book of Revelation beskryf Siya Khumalo ’n toekoms wat deur tegnologie gedomineer word en waar die regering menslike emosies met behulp van kunsmatige intelligensie onderdruk.
Jaco Barnard-Naudé tree in gesprek met dié twee jong voorbokke van Suid-Afrika se queer-letterkunde.