Rachmaninoff’s 150th Birthday Piano Bash

Meertalig
90 Minute

11 Oktober

20:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

Sergei Rachmaninoff se 150ste verjaar­dag word vanjaar wêreldwyd gevier. Sy klavierkonserte is immergewild en verskyn gereeld op orkesprogramme, hoewel dit vir enige pianis ’n uitdaging en ’n toets is. Schumann, Prins en De Jager bou voort op 2022 se familie­affêre Bach (to a) Blast! met hierdie eenmalige vertoning van Rachmaninoff se Scherzo in D-mineur, Klavierkonsert Nr. 2 en die Rapsodie op ’n tema van Paganini in samewerking met die Rachmaninoff (woord)fees orkes.

Met: Nina Schumann, Megan-Geoffrey Prins, Jacobus de Jager (dirigent), die Rachmaninoff (woord)fees orkes