RKO se musiek het diep wortels in ghoema, Latyns-Amerikaanse en Afrikana-musiek – en sommer alles anders wat langs die grondpad te vinde is. Hul eiesoortige klank bring hulle voort uit ’n viool, ou kitare, kwêlafluitjies, mondfluitjies, bas en kazo’s, instrumente amper so oud soos hulle leuse self.