Rangskik met blomme uit jou tuin by Rustenberg

Afrikaans, Engels
60 Minute

11 Oktober

10:00
R250

Weet jy hoe om blomme uit jou tuin só te gebruik dat dit jou leefruimtes ophelder en besonders maak? Alida Gerstner-Gunter, stigter en eienaar van Love that Space, gaan jou wys by dié demonstrasie in die spogtuin van die Rustenberg-wynlandgoed, met Pietman Diener as gasheer. Die fokus is op hoe jy pragtige idees met blomme kan uitvoer sonder om noodwendig iets te gaan koop. Alida gee raad oor watter potte vir watter blomme werk, die gebruik van oase en hoe om blomme langer te laat hou.