Reckless Daughter: Joni Mitchell

Afrikaans
92 Minute

14 Oktober

16:00
R75 | R100 by die deur

Joni Mitchell het die grense van folk, jazz en pop verskuif, en in dié huldeblyk bespreek Kerneels Breytenbach, Danie Marais en Desmond Painter haar lewe, musiek en woorde, ingekleur met interpretasies van haar ikoniese liedjies deur Lise Swart, Andries Bezuidenhout, Schalk Joubert en Riku en Jackie Lätti. Mitchell het in die 60’s en 70’s ’n lang lys beroemde minnaars, die chauvinistiese musiekbedryf, en in 2015 ook ’n breinaneurisme oorleef. Sedertdien moes sy weer leer praat, loop en kitaar speel, maar vanjaar word sy 80, nadat sy in 2022 triomfantlik na die Newport Folk Festival teruggekeer het.