Theunis Strydom is ’n finansiële joernalis en sake-biograaf met boeke oor die sakereuse Christo Wiese en Koos Bekker op sy kerfstok. In sy jongste boek skryf hy die biografie van ’n onderneming: Capitec. Theunis vertel die boeiende storie van ’n bank wat teen 2024 een van die nuwe Suid-Afrika se grootste sakesuksesverhale is. Die ekonoom Johan Fourie stel die vrae oor die uitdagerbank wat die grotes die stryd aangesê het.