Resonans-gespreksreeks

Diskoers
Afrikaans, Engels
60 Minute

30 September

14:00

1 Oktober

14:00

2 Oktober

14:00
Gratis

Aangebied deur die NG Moedergemeente Stellenbosch

Vuilspel

Vuilspel of minstens skaakspel… en dikwels skaakmat – só kan ’n mens die konflik tussen Israel en Palestina beskryf. Wat is die reëls van die spel, en wie volg dit ieder geval? Is Israel ’n apartheidstaat? Is Palestina bloot die slagoffer? En hoe is die kritiek op Israel te versoen met die Joods-Christelike tradisie waarin die meeste van ons staan? Kyk ons dalk ’n goddelike sanksie mis, of hoe moet ons die plek van Israel in die Ou en Nuwe Testament verstaan?

30 SEPT

Uitspeel

Sluit menswaardigheid nie die reg tot selfbestemming in en die reg om oor jou eie lewe en sterwe te besin en besluit nie? Ons bespreek die nuanses van selfdood en genadedood, en kom uit by die sin van lewe en sterwe, en die aard en belang van lewensgehalte al dan nie…

1 OKT

Deus Ludens

Deus Ludens (die “spelende God”), wat op tienduisend plekke in ons lewe en wêreld speel, word dikwels in die negatief beskryf. Van die 2024-wenners van die Andrew Murray- en Desmond Tutu-pryse kom gesels oor waar hulle God sien speel en wonder versigtig of ons maar mag saamspeel… of is ons tot toeskouing en uitsluiting verdoem?

2 OKT

Met Johan van der Merwe