Toneel
Afrikaans
Geen o.13
70 Minute

30 September

10:00

2 Oktober

14:00
R210-R290 | R240-R320 by die deur

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt voor die mikrofoon om hulle sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie. Opperman is met ’n kykNET Fiësta bekroon vir sy spel in dié eenmanvertoning.

Met Frank Opperman
Regisseur De Klerk Oelofse
Skrywer Dana Snyman
Produksiebestuurder Marie Vogts
Musiek Reginald Hufkie

Oorspronklik ontwikkel deur Innibos en NATi