Rock & Rumba

Meertalig
OB (T)
75 Minute

14 Oktober

20:00
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Suid-Afrika se groot rockster Arno Carstens span kragte saam met die energieke band Hassan’adas en die virtuose Sima Mashazi. John Hassan lei ’n groep bobaas-Kaapse musikante in Hassan’adas wat spesialiseer in dansstyle soos salsa, rumba, samba en Afrikaritmes. Uitstekende sangstemme en aansteeklike verwerkings van Carstens se Engelse én Afrikaanse musiek sal beslis sorg vir ’n glimlag op jou gesig en ’n swaai in jou heupe!

Met: Arno Carstens (stem, kitaar), John Hassan (perkussie, stem), Sima Mashazi (stem), Trevino Isaacs (klavier), David Watkyns (trompet, klawers), Kevin Gibson (tromme), Lucas Khumalo (baskitaar)

Oorspronklik ontwikkel deur Musiekindaba. Moontlik gemaak deur die Toyota US Woordfees.