RooiBessieHart/Corazón de Bayas Rojas is Spaanse klassieke en tangomusiek. Vokale werke van Astor Piazzolla, Enrique Granados, Manuel de Falla, Geronimó Giménez en Ruperto Chapí word vermeng met gedigte van Pablo Neruda en die Namibiese digter Christine Hugo. Die program handel oor die suide van Spanje – skaamtelose passie, begeerte, ekstase, liefde, verlies en plesier.