Toneel
Afrikaans
Geen o.13 (T)
90 Minute

2 Oktober

11:00

3 Oktober

11:00
R190-R230 | R220-R260 by die deur

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewa­pen met humor ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en – op die oog af – sorgeloos. Routrip is gegrond op ’n ware verhaal en benoem vir ’n Woordtrofee vir beste prestasie in ’n soloproduksieby die Toyota US Woordfees in 2023.

Met Elzabé Zietsman



Vervaardiger Drama Drama 

Regisseur Maralin Vanrenen

Teks Johann Slabbert   

Klankbaan Coenie de Villiers

Vervaardig deur Drama Drama, moontlik gemaak deur die Toyota Stellenbosch Woordfees en NATi