Rudie en die Hanse

Afrikaans
60 Minute

13 Oktober

16:00
R75 | R100 by die deur

Gedoriewaar, Hans wil trou! Rudie van Rensburg sit aan vir ’n prettige gesprek met Leon van Nierop oor Hans kry troukoors, die vyfde aflewering oor die 90-plus Hans van Kraaienburg, held en voorbok van die bejaarde Huis Madeliefie-“bende”. Saam met hulle op die verhoog is die radio-Hans, Tobie Cronjé, die fliek-Hans, Pierre van Pletzen, en die verhoog-Hans, Charlie Bouguenon.

Aangebied deur Queillerie