kuns

Rupert-museum: Kunsuitstalling

Visuele Kuns
Meertalig

28 September

29 September

30 September

1 Oktober

2 Oktober

3 Oktober

4 Oktober

5 Oktober

6 Oktober

Hierdie kunsgalery is gedurende die fees oop vir besoeke. Die datums wat hier aangedui word, is slegs vir die feestyd; uitstallings is ook voor en ná die fees oop.

Sluit aan by Eliz-Marie Schoonbee, kurator van die Rupert-museum, vir ’n rondleiding deur die museum se huidige uitstallings. Hierdie uur lange rondleiding sal op ’n verskeidenheid van genres en die werk van kunstenaars in drie tentoonstellings fokus: Die kunsversameling van wyle Huberte Rupert, The Song of Tapestry deur Jean Lurçat en Artology, ’n keur van kunswerke uit die Universiteit van Pretoria se museums. Neem kennis dat sitplek beperk is en deelnemers vir ’n uur moet kan rondloop en staan. Elke kaartjie sluit ’n gratis koppie koffie of tee by die museumkafee in voor of ná die rondleiding.