In sy jongste boek, Run. Risk. Reward., deel die legendariese ultra-veldwedloopatleet Ryan Sandes sy asembenewende avonture oor van die uitdagendste terreine op aarde. Volg in sy voetspore wanneer hy vertel oor die amperse ongelukke, vreesaanjaende oomblikke en triomfantelike ekspedisies. Hy neem ons lot Jan en San Allemanne saam na plekke waar slegs die gode van die sport gewoonlik kan uitkom. Die joernalis en kranige velddrawwer Lourensa Eckard lei die gesprek.