Saam (all)een

Meertalig
80 Minute

8 Oktober

20:30
R185-R235 | R215-R265 by die deur

Uitmuntende musikante, hartroerende koorsang en Luna Paige. Dié kombinasie is te hoor in ’n nuwe vertoning met oorspronklike musiek oor menswees, maar ook alleen wees, vreemd wees, hoopvol wees, eerlik wees, saam wees en sin vind in ’n tyd waarin min sin maak. ’n Konsert van min woorde, maar woorde met gewig. ’n Konsert met musiek wat vlieg, saggies land en saadjies plant; met stemme wat dartel, droom, wens en ween; wat rus aan die luisteraar in ’n tyd van chaos verleen.

Met: Luna Paige (klawers, kitaar, stem), Schalk Joubert (baskitaar), Frank Freeman (kitaar), Jonno Sweetman (tromme), Zolani Youth Choir

Ondersteun deur ClemenGold

Regie, teks, musiek, stel- en beligtingsontwerp Luna Paige

Vervaardiger Illuminar Productions