Safari-aktiwiteite

Kinderfees
Afrikaans
45 Minute

28 September

10:00
12:00
Gratis

Kan jy die wilde diere se stert by hulle kop pas? Weet jy watter welpie behoort aan watter ma? Hoekom baklei hiëna-­tieners so met mekaar? Jong natuurliefhebbers word genooi na ’n prettige werksessie oor Afrika se wilde diere, aangebied deur die kinderboekskrywer Heléne Booyens. Ons gaan leer oor enigiets van leeus tot duin­molle, en dan ’n klompie doolhowe, soek-die-verskille, pas-bymekaar-speletjies en ander aktiwiteite aanpak. Ouers is welkom om in te sit.

Stuur e-pos na program@woordfees.co.za om plek te bespreek.