Sag praat van hierdie lewe

Meertalig
60 Minute

13 Oktober

18:30

15 Oktober

20:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Dié produksie verteenwoordig ’n mylpaal in die Afrikaanse digkuns en musiekliteratuur: Dit is naamlik die eerste oorspronklike sangsiklus in Afrikaans vir stem en klassieke kitaar. Die bekroonde kunstenaars Lucretia Sikwebu en Rudi Bower span kragte saam in ’n unieke produksie wat menswees oor vele grense heen verken. Die gedigte, noukeurig uitgesoek uit ’n breë versameling van Vincent Oliphant se gepubliseerde materiaal, vorm die chronologiese uitbeelding van ’n lewensloop.

Met: Lucretia Sikwebu (mezzosopraan), Rudi Bower (klassieke kitaar) 

Teks Vincent Oliphant 

Musiek Rudi Bower