Schoeman se stiltes en stemme 

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

4 Oktober

11:30
R80 | R110 by die deur

Karel Schoeman is een van ons belang­rikste skrywers. Die omvang van sy werk is verbysterend, en in hierdie huldigings­boek ondersoek verskeie medewerkers sy bydrae tot ons kultuurskat. Prof. Willie Burger, redakteur van Stiltes en stemme, gesels met prof. Andries Visagie, een van die bydraers, oor Schoeman se werk, en die wyse waarop hy stilte gebruik het om stemme te laat hoor. Antoinette Kellermann lees voor uit Schoeman se werk.

Aangebied deur Naledi, SA Akademie