Science Café

Diskoers
Meertalig
60 Minute

1 Oktober

18:00

2 Oktober

18:00

3 Oktober

18:00
Gratis

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskaplike kwessies aanmoedig.

When (And Not If) the Next Pandemic Hits Us

In die nasleep van die Covid-19-pandemie sukkel miljoene mense wêreldwyd steeds met die grootliks onverklaarde verskynsel van lang-Covid. Terselfdertyd waarsku kenners die wêreld moet voorberei vir ’n volgende pandemie. Die internasionaal erkende spesialiste Bertie Fielding, Tulio de Oliveira en Resia Pretorius bespreek hierdie dilemma.

1 OKT (Engels)

Get to Know Your Mushrooms and Contribute to (Citizen) Science

In die proses om ons ryk biodiversiteitskat te dokumenteer het burgerlike wetenskaplikes en platforms soos iNaturalist vinnig die oë en ore van wetenskaplikes geword. In Afrika moet baie fungi en sampioene nog ontdek word. Kom luister na Andrew Killian, een van SA se voorste burgerlike swamkundiges, die mikrobioloog Karin Jacobs en Breyten van der Merwe, ook ’n swamkundige.

2 OKT (Afrikaans & Engels)

Grieving for Nature

Wat is ekologiese rou en hoekom maak dit saak? Binne ons eie kort lewe ervaar ons eerstehands grootskaalse verlies en agteruitgang van die natuur. Kom luister hoe prof. Louise Green, die joernalis en skrywer Leonie Joubert en die bewaringsbioloog Wendy Foden hulle perspektiewe, vrese en hoop deel.

3 OKT (Engels)