Shackleton, My Father and a World Without End

Engels
60 Minute

10 Oktober

16:00
R75 | R100 by die deur

Darrel Bristow-Bovey gesels met Marita van der Vyver oor sy boek Finding Endurance wat begin met die jubeling toe die houtwrak van Ernest Shackleton se Endurance in Maart verlede jaar – nogal deur die ysbreker SA Agulhas – in Antarktika se Weddellsee ontdek is. Sy onwaarskynlike band met dié nuus is egter dat sy pa altyd vertel het hy was op die Endurance. In die boek herskep hy die epiese oorlewingstog aan die hand van roerende dagboeke en vorige ekspedisies, en reis terug op sy eie en sy pa se voetspore om sin te maak van mans en hulle drome.

Aangebied deur Jonathan Ball