Shimmy Isaacs: NOU SOE!

Afrikaans, Engels
Geen o.16
60 Minute

13 Oktober

20:00
R140 | R170 by die deur

Shimmy Isaacs is een van die mees diverse kunstenaars wat djy in Suid-Afrika sal kry – of djy haar nou op local TV of in ’n internasionale movie raakloep. Djy kan haar regtig enige plek op die TV kry: Showmax, M-Net, kykNET, Netflix. Ook oppie straat! Shimmy is hier vi’ almal! Maar oppie Toyota US Woordfees het sy net een doel voor oë: om ons te laat lag!

Met: Shimmy Isaacs