Filmfees
Afrikaans
39 Minute

28 September

18:30

30 September

18:00

2 Oktober

17:30
Gratis

Almal het daai klein stemmetjie in hulle kop. In die geval van Deuntjie, ’n skaam en pligsgetroue meisie, is daardie stemmetjie Vera – ’n groot diva met twee flambojante agtergrondsangers, Moses en Jacob, aan haar sy. Hulle smokkel sing-sing met arme Deuntjie se kop. Wanneer die baas trou en die hele kantoor genooi word, begin Vera vir Deuntjie oortuig om vir Karel, op wie sy smoorverlief is, te vra om as haar metgesel na die bruilof toe te gaan. Dinge ruk egter hand uit wanneer Deuntjie nie meer kan onderskei tussen die werklikheid en die stemme in haar kop nie. Sal Deuntjie haar eie stem kan vind?

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.