Die boodskapper 

Filmfees
Afrikaans
15 Minute

28 September

18:00

30 September

17:30

2 Oktober

17:00
Gratis

’n Kleimannetjie word wonderbaarlik tot lewe verwek deur die trane van jong Jake, ’n seuntjie vasgevang in sy ouers se bitter konflik. Jake het die knapie self uit klei geskep, maar nou is hierdie mannetjie ’n boodskapper met ’n missie: Hy móét ’n weggooibrief van Jake se pa wat hy gevind het, aan sy ma aflewer.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.