In die verloop van  

Filmfees
Afrikaans
28 Minute

28 September

16:30

30 September

16:00

2 Oktober

15:30
Gratis

Jana en Chris word ná ’n moeilike aand wakker. Nie een van hulle het veel geslaap nie. Elkeen is vasgevang in hul eie gedagtes, maar daar is iets swaar en onuitgesproke tussen hulle. Jana is stil, maar iets broei in haar. Chris loop op eiers om haar. Hy probeer uitreik, maar sy bly afsydig. Deur die stram loop van hul oggendroetine word die vorige aand se gebeure geleidelik onthul. Jana is beseer. ’n Feestelike maal is onderbreek, en daar is bloed op verskeie plekke in hulle huis. ’n Intieme blik op ’n tragiese persoonlike verlies terwyl die lewe meedoënloos voortsleep.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.