filmfees

Selah   

Filmfees
Afrikaans
11 Minute

28 September

16:00

30 September

15:30

2 Oktober

15:00
Gratis

’n Doodmoeë ma met ’n koliekbaba vind dit onmoontlik om die harde werklikheid van moederskap te hanteer. Die trauma van post-natale depressie en die onuitgesproke uitdagings wat nuwe ouers in die gesig staar, word in ‘n enkele aanhoudende oomblik in tyd onverskrokke verken.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.