GEKANSELEER Silicon Stellies: Smart-Township

Engels
60 Minute
R75 | R100 by die deur

Wesley Diphoko, redakteur van Fast Company SA, se boek, Silicon Stellies – oor Stellenbosch as SA se eie Silicon Valley, verskyn in Februarie. Hy het in Kayamandi grootgeword en is een van die dryfvere agter die Smart-Township-konsep wat dié buurt as Suid-Afrika se eerste slim-township sal vestig. Op hierdie staptoer deur sy grootwordbuurt wys Wesley hoe inwoners en mikro-entrepreneurs by digitale tegnologie baat vind. Sy toer skop af met ’n praatjie en ’n uitstalling, en eindig by sy ouma se huis wat deur tegnologiese ingryping in ’n slimhuis verander is. 

Ontmoet by Amazink, Kayamandi voor die toer

Aangebied deur Tafelberg