Silwerskerm-musiektreffers

Toyota Musiekfees
Meertalig
90 Minute

2 Oktober

18:00
R200-R260 | R230-R290 by die deur

Die wêreld van rolprentmusiek sorg vir ’n hele spektrum van klankkleure. Word weggevoer deur die magiese melodieë van ikoniese flieks soos Lord of the Rings, Harry Potter, Moulin Rouge en vele meer – deur meesterlike komponiste soos Hans Zimmer en John Williams. Die ensemble benader die produksie as ’n musikale reis met verwerkings deur ons voorste plaaslike komponiste.

Met Lynelle Kenned (sopraan), William Berger (bariton), Zanta Hofmeyr, Philip Martens, Petrus de Beer Annien Shaw (viool), Jeanne-Louise Moolman Karin Gaertner (altviool), Susan Mouton Peter Martens (tjello), Zanelle Britz (kontrabas), Niël Rademan (akkordeon en MC), Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme), Elna van der Merwe (klavier), Heidri Faber (klarinet)

Musiekregisseur Elna van der Merwe
Verwerkings Antoni Schonken, Arthur Feder