Skatkis vol stories

Toneel
Meertalig
Geen o.10
60 Minute

28 September

11:00

6 Oktober

16:00
R140 | R170 by die deur

Die Namakwa-daisy Danneline Ramsden bot behoorlik dié lente. Sy vier ’n dekade in die vermaaklikheidsbedryf en haar goue jubileum met ’n Xhoulag-storievertelproduksie wat oorloop van draaitjies, swaaitjies én saadjies wat uit Kommagas se stofstrate tot in die Kaap skiet en blom. Sy neem die gehoor op reis met haar staaltjies en teug tussenin aan ’n brousel saam met die aktrise Miché van Wyk, wat haar in- en uitvra oor haar grootwordjare. Kom ontgin dié skatkis vol Namakwa­landse stories. 

Met Danneline Ramsden, Miché van Wyk 

Regisseur en tegniese versorging Jeremeo le Cordeur
Skrywer Danneline Ramsden
Vertaler Danneline Ramsden,  Miché van Wyk