Skielik is jy vry: Die lewe en musiek van Koos du Plessis

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

1 Oktober

11:00
R80 | R110 by die deur

Veertig jaar gelede het Afrikaans een van sy begaafste sanger-liedjieskrywers verloor, maar Koos du Plessis se stem het nooit stil geraak nie. Danie Marais, Andries Bezuidenhout en Irma du Plessis, Koos se dogter en samesteller van die bundel Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke, gesels oor die man agter die musiek, terwyl Andries, Lise Swart, Churchil Naudé en Schalk van der Merwe Koos se woorde en deuntjies laat draal op die verhoog.

Aangebied deur UJ Press