Meertalig
80 Minute

8 Oktober

18:30
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Die stemkunstenaar, liedjieskrywer en sanger Frieda van den Heever gee haar eie liedjies lewe saam met begaafde musikante. Die afgelope paar jaar skryf sy meestal oor verlange en verlies en hoe dit ons verander, suiwer, méér mens maak. Sy verweef liedjies oor lag, huil, liefhê en lewe ná die dood met gedigte en stories om jou op reis te neem na al die plekke wat jy ken.

Met: Frieda van den Heever (stem, klavier), Schalk van der Merwe (baskitaar), Frank Freeman (elektriese en akoestiese kitaar), Annemie Nel (tromme, perkussie), Marina Louw (altviool)

Oorspronklik ondersteun deur die Johann Brink Trust