Jy’t dalk nog nooit aan skryf gedink as ’n toeskouersport nie, maar soggens oor ’n koppie koffie kan jy kom kyk hoe skrywers se vaardighede getoets word in die spel Ex Libris. Dink daaraan as die Woordfees se Wimbledon van woorde, die Olimpiese Spele van openingsinne, die Wêreldbekersokkertoernooi van slotreëls. Skrywers ding mee om die beste openingsin of slotreël vir ’n bestaande boek te skryf, maar moet ook die Ware Jakob onder hulle eie skryfsels kan uitken. Ook die gehoor kan deelneem en daar is pryse op die spel. Kom lag en geniet die lekker kreatiewe inspuiting.