Skrywersgesprek: Graad 4-5

Meertalig
90 Minute

11 Oktober

11:00
Gratis

De Wet Hugo is ’n laerskoolonderwyser wat al langer as ’n dekade in die buiteland werk – eers by ’n Britse internasionale skool in Saoedi-Arabië, en nou in China. Hy kom oorspronklik van ’n Bolandse wynplaas, maar beskou Kleinmond deesdae as sy Suid-Afrikaanse tuiste. Sy top-verkoper-reekse, Grilgrypers en Kies-jou-avontuur, is uiters gewild onder jong lesers. Hugo se boeke vir die middelouderdomsgroep, Katastrofe en Catastrophe, het in 2022 verskyn. Hy gesels aanlyn met die WOW-leeskringe en gee wenke oor hoe om lees lekker te maak.