Skrywersgesprek: Graad 8-10

Meertalig
90 Minute

12 Oktober

11:00
Gratis

Joha van Dyk is ’n 25-jarige nagraadse student aan die US. Sy het grootgeword op ’n plaas in Kleinzee aan die Namakwalandse Weskus. Sy het haar B.A.-graad in die geesteswetenskappe in 2018 verwerf, sowel as ’n TEFL-sertifikaat. Tans werk sy aan haar Ph.D. in Engels terwyl sy deeltyds tutor. Branderjaer (2020) is haar debuutroman en sy inspireer jong lesers van WOW-leeskringe om uiteenlopende wêrelde in boeke te ontdek.