Snuf in die neus

Afrikaans, Engels
90 Minute

10 Oktober

10:00

12 Oktober

10:00

14 Oktober

10:00
R180

Kom luister na ’n fassinerende praatjie oor die reukruim met parfuum as die boodskapper. Die wind dra boodskappe van reën, warm klippe, blomme, brood in die oond, gekneusde gras. En sou daar mense in die landskap wees, ook gerugte van arbeid, wellus en verlies. Maar selfs in die helder lig van die wetenskap bly reuk se skakel met geheue en emosie duister. Parfuum vorm ’n kitsskakel na dié verborge wêreld.

Met: Dave Pepler