Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water uit die donker put is Koos van der Merwe en Ivan Zimmermann se debuut saam op die verhoog – ’n diepsinnige en skertsende blik op hoe die lente altyd ná winter weer kom. Soet water uit die donker put is ’n unieke oudiovisuele vertoning, gebore uit twee skeppende siele se sinergie.